Karla Victor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Kovsie-netbalspan op Maandag 9 September in aksie teen die span van die Universiteit Stellenbosch (Maties) in die Madibaz-sportsentrum in Gqeberha. Kovsies het dié wedstryd in die Varsitybeker-netbalreeks met 56 – 45 gewen, en die span se Reratilwe Ke-Morena Letsoalo is as die speler van die wedstryd aangewys. Kovsies lê nou derde op die puntelys nadat dié span Sondag in die derde ronde met 51 – 46 teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) vasgeval het.Foto: Richard Huggard