Die Laer Meisieskool Oranje se o.14A-span was die wenner in vanjaar se Pietie Coetzee-hokkietoernooi, wat op 4 en 5 Augustus by dié skool aangebied is. Die span van die Eunice Primary School is in die tweede plek.
Die Chelsea Preparatory School in Durban het die derde plek behaal; die Laerskool Vaalpark in Sasolburg die vierde plek; Collegiate Primary School in Gqeberha het die vyfde plek behaal en Oranje se o.12A-span die sesde plek.
Die span van die Laerskool Menlopark het die sewende plek in die toernooi behaal.
Die kaptein van die o.13-span, Marichelle Crous, is as die speler van die toernooi aangewys.
Voor die toernooi het gr. 1-leerlinge van Oranje, Eunice Primary, Laerskool Willem Postma, St Michael’s School, Grey-kollege (primêr) en Laerskool Fichardtpark in voorwedstryde met mekaar meegeding.