Die naweek is ’n Goju Kai- nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir die eerste keer sedert 2019 aangebied, en Bloemfontein was die gasheerstad vir dié geleentheid waarvoor sowat 600 deelnemers van oor die land heen saamgetrek het.
Shihan Frank Brandon sê die Suid-Afrikaanse GoJu Kai-karateka het wel sedert die Covid-19-pandemie oorsee deelgeneem en verlede jaar in die Europese kampioenskap, waarvoor die byeenkoms in België aangebied is, die meeste medaljes uit mededingers van 30 lande behaal.
Hy sê die afgelope naweek se geleentheid was egter die eerste keer dat daar weer ’n nasionale kampioenskap ná die pandemie plaasvind.
Die Vrystaters van die Bushido Goju Kai en Seishin Goju Kai was algeheel vierde uit deelnemers van die agt provinsies wat aan die toernooi van 8 tot 10 Augustus deelgeneem het.
Brandon sê hy beoefen Goju Kai al 48 jaar en sy pa, Hanshi Peter Brandon, het Goju Kai in 1967 begin. Peter is nou die wêreld-visepresident en president van Afrika in Goju Kai. Hy is opgelei deur die grootmeester Gögen Yamaguchi van Japan.
Plaaslike lede wat medaljes verower het op die kampioenskapsbyeenkoms op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se suid-kampus, is:
- Jacques Venter (51) – 1 goud en 1 brons;
- Lian Kritzinger (14) – 3 goud;
- Izay Kritzinger (9) – 1 goud en 1 brons;
- Jordan de Witt (9) – 1 goud en 1 brons;
- Jeandre Nel (16) – 1 goud en 1 silwer;
- Gertie Nel (43) – 1 silwer;
- SJ Ferreira (13) – 1 silwer en 1 brons;
- Kananelo Mokaboka (14) – 1 silwer en 1 brons;
- Divan Venter (16) – 1 silwer en 1 brons;
- Zydon Coetzee (16) – 1 brons;
- Dyllan de Witt (10) – 1 silwer
- Elvin Pienaar (13) – 1 brons;
- Leah Nel (10) – 1 silwer;
- Noel van der Merwe (13) – 1 silwer;
- SP Foord (15) – 2 brons;
- Louis du Preez (20) – 1 brons;
- Mariana Smith (18) – 1 brons;
- Chris Jordaan (19) – 1 goud en 1 silwer;
- Herman Veicht (20) – 1 brons;
- Peter Windsor (52) – 1 silwer; en
- Nehan Vermaak (13) – 1 brons.
- Silwer is verwerf in kadet-seuns, eenheid-kata; brons in junior seuns, eenheid-kata; en brons in junior seuns, bunkai.
Die Vrystaters het 38 medaljes in die kampioenskap verwerf.