OVK is ‘n leier in die landboubedryf en bied ‘n verskeidenheid beroepe aan – van skoolverlaters tot gesoute besigheidsmense.

Handel is die hoekpilaar waarop OVK se dienste gebou is, en met 58 takke in drie provinsies bied dit vir kandidate wat ‘n loopbaan in die handel oorweeg, ‘n uitstekende geleentheid.

Geleenthede vir verkoopspersoneel, kassiere, pakhuispersoneel en administrasiewe personeel is onder meer by handelstakke beskikbaar. Ses bandesentrums en brandstofverspreidingspunte val ook onder die handelsafdeling.

Graanprodusente verteenwoordig ‘n groot deel van OVK se kliënte, en met 21 silo’s is OVK ‘n leier in die verkryging, berging en bemarking van graan soos mielies, sonneblom, koring en verskeie bone.

Loopbane vir graanverkrygers, graanbemarkers, graangradeerders (van leerling tot senior),

silobestuurders, asook administratiewe poste kan in hierdie afdeling gevolg word.

OVK Vesel is een van die grootste hanteerders van sybokhaar in die wêreld en een van die grootste wolmakelaars in Suid-Afrika.

Die werwing van wol en sybokhaar word landwyd gedoen, en beroepe soos veselbemarkers, tegniese velddiensbeamptes en produksiebestuurders kan gevolg word.

Die bergingsgeriewe bied weer geleenthede vir sorteerders, hyserdrywers, algemene werkers, asook administratiewe personeel.

Vee- en algemene veilings word landwyd aangebied, en indien jy van die buitelewe en diere hou, is dit ‘n ideale loopbaanrigting.

Lewendehawebemarkers, veilingklerke en afslaers sorg dat veilings vlot verloop.

Agter die skerms is daar ‘n groep administratiewe personeel wat verantwoordelik is vir betalings en koördinering van die veilings.

OVK bedryf meganisasieagenskappe vir Massey Ferguson en Fendt, en is ook ‘n verspreider van JCB-landboutoerusting.

Loopbane in administrasie, werktuigkunde, vakleerlingskappe, onderdelebemarking, heelgoederebemarking (trekkers en implemente), en takbestuur kan gevolg word.

Hierdie rigting vereis belangstelling in die werking van meganika en elektronika.

OVK bedryf Toyota-agentskappe in Ficksburg, Ladybrand en De Aar, asook ‘n Suzuki-agentskap in Ladybrand waar nuwe en gebruikte motors verkoop word, met volledige werkswinkels.

Loopbane in administrasie, onderdelebemarking, finansiering en versekering, diensadvies, motorbemarking, werktuigkunde, vakleerlingskappe en bestuursposisies kan gevolg word.

Hierdie rigting vereis belangstelling in die bemarking en verkope van motors en motoronderdele, asook die herstel en diens van voertuie.

Doeltreffende administrasie en ondersteuningsdienste verseker die sukses van ‘n maatskappy.

Loopbane kan gevolg word in finansies, regsdienste, versekering, aankope, inligtingstegnologie (IT), menslike hulpbronne, bemarking, en verskeie ander ondersteuningsdienste.

OVK bied jaarliks verskeie programme vir skoolverlaters aan en onlangs gekwalifiseerde mense aan, Dit sluit die volgende in:

‘n Leerlingprogram

Die twaalfmaande-program word in handel en graan aangebied.

Dit is ‘n ideale geleentheid vir skoolverlaters om spesifieke opleiding te ontvang en toetrede tot ‘n loopbaan in die landboubedryf te verkry.

Die program begin jaarliks op

1 April.

Takbestuurderprogramme

Hier kan gekwalifiseerde kandidate werksplekondervinding opdoen binne ‘n gespesialiseerde veld. Die program duur 24 maande en word jaarliks gedurende Julie geadverteer. Dit sluit geleenthede in vir mense wat grade of diplomas behaal het.

OVK bied markverwante vergoedingspakkette met mededingende voordele, asook uitstekende bevorderingsgeleenthede.

Indien jy belangstel in ‘n loopbaan in die landbou, kontak Jeanie Schoeman of Rueben Molapo by 051 923 4500 of besoek die webwerf ovk.co.za en volg die skakel na

Loopbane.

OVK bied werksgeleenthede oor drie provinsies heen.

You need to be Logged In to leave a comment.