Die Peritum Agri-instituut is ‘n geregistreerde onderwysinstelling waarvan die kwalifikasies deur die sektor erken word.
Peritum is in 2001 gestig en lewer al meer as twee dekades opleidingsdienste aan die landbousektor in Suid-Afrika.
Peritum werk baie nou saam met die korporatiewe landbousektor, asook georganiseerde landbou, en dit skep baie geleenthede vir die studente.
Peritum het ook samewerkingsooreenkomste met groot belanghebbendes in landbou soos John Deere in Afrika en die Midde-Ooste, die Aeres-Universiteit in Nederland en Senwes Equipment. Studente kan kies tussen ‘n verskeidendheid geakkrediteerde kwalifikasies, elkeen met ‘n omvattende praktiese leerprogram.
Peritum is die grootste geregistreerde private landboukollege in Suid-Afrika, met sowat 250 ingeskrewe studente per jaar.
Watter kwalifikasies bied die Peritum Agri-instituut?
■ ‘n Diploma in Diereproduksie oor twee jaar.
■ ‘n Diploma in Plantproduksie ook oor twee jaar.
■ ‘n Hoër sertifikaat in
Boerdery, wat ‘n eenjaarprogram is.
■ ‘n Beroepsertifikaat in Graanopbergingsbestuur.
■ ‘n Beroepsertifikaat in Handel- of Kleinhandelbestuur.
Wat is die voordele daarvan om ‘n kwalifikasie by Peritum te verwerf?
Peritum bied aan studente en ouers die gemoedsrus dat die student se studie tot ‘n goeie loopbaan in landbou kan lei.
Peritum is geloofwaardig en betroubaar en is al sedert 2001 ‘n bekende naam in die landboubedryf.
Peritum is geregistreer en kan bewys lewer van die
akkreditasie van al die
programme wat aangebied word.Danksy ‘n praktiese benadering kan studente uitsien na ervaring en die toepassing en demonstrering van wat in die klas geleer word.
‘n Groot voordeel is dat studente die opsie gebied word om in die taal van hul keuse te studeer. Klasse word in Afrikaans of Engels aangebied.
Studente hoef nie heeltyds op kampus te wees nie, maar kom net in vir studieweke. Dit is dus vir hulle moontlik om op die plaas betrokke te bly of om te werk en ‘n inkomste te verdien terwyl hulle studeer. Dit bied die beste van twee wêrelde en spaar heelwat uitgawe.
Peritum-graduandi kan getuig van die goeie leerondersteuning wat die kollege bied. Peritum spog met ‘n baie hoë slaagsyfer, juis danksy dié ondersteuning.
‘n Groot voordeel vir enige student is om te weet dat hy of sy wel in die sektor opgeneem sal word na afloop van hul studie. Baie van Peritum se studente word gewerf terwyl hulle nog studeer.
Volgens afgestudeerde studente is dit lekker om by Peritum te studeer. Hier word nuwe vriendskappe gevorm wat merendeels lewenslank duur.
Is daar werkgeleenthede in landbou in Suid-Afrika?
Met ‘n geraamde 10 miljard honger mae om te vul teen 2050, kan jy nie verkeerd gaan met ‘n loopbaan in landbou nie.
Die Suid-Afrikaanse landbouekonomie is divers, produktief en gemoderniseerd.
Jaarliks word 96 miljoen hektaar bewerk, wat ‘n werkgeleentheid aan 848 000 Suid-Afrikaners bied, net in primêre landbou.
Peritum-graduandi vind plaaslik werksplasings as boere, plaasbestuurders, verkoopsverteenwoordigers en landbouadviseurs, en word ook opgeneem in landbou-
ondernemings se internskapprogramme vir silobestuurders en agri-takbestuurders.
Talle van Peritum se diploma-studente, sowel as dié wat die operateursopleiding ondergaan, sluit hulle aan by die H2A-program en vind werksplasings in Amerika.