Diplomate van 15 lande het op 9 Junie ’n ontbyt saam met prof. Francis Petersen, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), in Pretoria bygewoon.
Ambassadeurs en kommissarisse van Argentinië, België, Egipte, Italië, Japan, Kenia, Lesotho, Nederland, Nigerië, Spanje, Switserland, Amerika en Zimbabwe sowel as verteenwoordigers van die Europese Unie het die geselligheid bygewoon.
Prof. Petersen se boodskap was dat die UV gereed is om op die internasionale verhoog betrokke te raak, te help geleenthede skep en saam te werk en dat studente wat hier opgelei word, holisties ontwikkel word.