Lang gevangenisstraf vir lid van gevaarlike groep Transito-rowers, Makkers nog gesoek

’n Man wat beamptes van ’n sekerheidsmaatskappy beroof het terwyl hulle geld in Bloemfontein afgelewer het, is in die landdroshof in die stad tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.


’n Man wat beamptes van ’n sekerheidsmaatskappy beroof het terwyl hulle geld in Bloemfontein afgelewer het, is in die landdroshof in die stad tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Nzimeni Petrus Madlala (49) is Vrydag 2 Augustus tot ’n verdere vyf jaar gevangenisstraf weens motordiefstal gevonnis.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê Madlala se vonnis spruit uit ’n voorval op 20 Desember 2021 toe sekerheidsbeamptes van die G4S-sekerheidsmaatskappy geld in ’n outomatiese tellermasjien (OTM) by ’n winkelsentrum in Rocklands, Bloemfontein, wou laai.

Die beamptes is deur swaar­gewapende mans aangehou wat geld geëis het. Die rowers het geld, twee pistole, twee tweerigting­radio’s en twee selfone geroof. ’n Onbekende bedrag geld is ook gebuit, sê Singo.

Die Valke het die ondersoek oorgeneem en ná deeglike ondersoekwerk is Madlala op 3 Januarie 2022 aangekeer, sê hy. SyDie ander rowers is nog op vrye voet.

You need to be Logged In to leave a comment.