Lasers verskaf hope ekstase

Die Vrystaters wat deel gevorm het van die Suid-Afrikaanse laserwedloop-span wat aan die wêreldkampioenskap in Portugal deelgeneem het, het sommer heelwat medaljes ingeoes.


Die Vrystaters wat deel gevorm het van die Suid-Afrikaanse laserwedloop-span wat aan die wêreldkampioenskap in Portugal deelgeneem het, het sommer heelwat medaljes ingeoes.

Tydens die kampioenskap wat van Vrydag (23/09) tot Sondag in Lissabon aangebied is, het Suid-Afrika drie goue medaljes, 13 silwer medaljes en ses brons medaljes verdien.

Die span het bestaan uit 45 atlete met 26 lande wat in die kompetisie meegeding het.

Die Vrystaatse medalje­wenners is soos volg:

  • Munay Uys (Laer Meisieskool Oranje): silwer vir meisies o.11 en ook in die gemengde aflos.
  • Danielle Joubert (Hoër Meisieskool Oranje): silwer in die gemengde aflos en brons vir meisies o.19.
  • Hanru Krause (Grey-kollege sekondêr): goud saam met Ezeth Esterhuizen in die gemengde aflos en silwer vir seuns o.17.
  • Wian Wagenaar (Grey-kollege primêr) en sy spanmaats het ’n silwermedalje in die o.11-spankompetisie verower.
  • Leana Esterhuizen: silwer in die spankompetisie en brons in die afdeling meesters 40 tot 49 jaar.
  • Rynaldo Uys (Grey-kollege sekondêr): goud in die o.15-spankompetisie.
  • Mika-Lee Strydom en Camilin Parkin (albei Eunice Primary School) verwerf silwer in die meisies o.15-spankompetisie.

Die afrigters van die Vrystaters is Van Zyl Naude en sy dogter Marizelle afgerig.

You need to be Logged In to leave a comment.