Leë beloftes bekamp nie misdaad, effektiewe munisipale bestuur is nodig

Die gemeeenskapsveiligheidsforum wat die ANC vir die Mangung-metro beplan om misdaad te bestry, sal net leë beloftes bly solank afdelings soos die metropolisie wanfunksioneer.


Die gemeeenskapsveiligheidsforum wat die ANC vir die Mangaung-metro beplan om misdaad te bestry, sal net leë beloftes bly solank afdelings soos die metropolisie wanfunksioneer.

So het VF Plus-raadslid Valerie de Kock Maandag (07/11) op ’n raadsvergadering van die Mangaung-metro gesê.

Die vergadering moes herskeduleer word nadat dit Maandag 31 Oktober nie kon voortgaan nie weens verslae wat uitstaande was, omdat die vergadering nie op sosiale media uitgesaai kon word nie en omdat daar nie vertaaldienste was nie.

Onder die besprekingspunt het sy gesê só ’n forum is noodsaaklik om die wetteloosheid in Suid-Afrika te bestry – veral in Mangaung wat volgens die jongste statistieke onder die 25 gevaarlikste stede in die wêreld beskou word.

“Dit is egter nie so maklik soos om ’n forum te stig en dan te verwag dat alles beter sal wees as die oorsaak van misdaad nie aangespreek word nie.”

“ ’n Geïntegreerde plan teen misdaad moet daargestel word wat die metropolisie, verkeersdienste en samewerking met die polisie en buurtwagte insluit.”

Sy sê die stad se ekonomie is wankelrig, talle inwoners is werkloos, honger en moedeloos met min hoop op die toekoms en die gevolg is dat die beloning van misdaad aanloklik word.

“Die VF Plus meen ’n forum vir gemeenskapsveiligheid is ’n stap in die regte rigting, maar dat dit nie sal funksioneer, of tot misdaadbekamping sal bydra nie, indien die ondersteunende strukture nie funksioneel is nie.

“ ’n Geïntegreerde plan teen misdaad moet daargestel word wat die metropolisie, verkeersdienste en samewerking met die polisie en buurtwagte insluit.”

Sy sê daar moet effektiewe polisiëring en wetstoepassing op grondvlak plaasvind en nie net vergaderings oor veiligheid wat nie werklik ’n verskil aan misdaadvlakke sal maak nie.

“ ’n Funksionerende munisipaliteit met effektiewe bestuur sal die bekamping van misdaad vergemaklik.”

Sy sê die metro se eie veiligheidsdienste en die verkeersdepartement moet die middele verskaf om verkeersoortredings en geringe misdade soos die onwettige storting van vullis en oortreding van ander munisipale wetgewing te bekamp.

Bekwame gesondheids- en bouinspekteurs moet ook aangestel en in staat gestel word om die nakoming van munisipale regulasies af te dwing.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.