Christiaan van StadenFoto’s: Verskaf

Jan-Willem Steyn

Johan du Plessis

Drie leerlinge van Grey-kollege (sekondêr) se toneelstukke is onder die top-16 in die AKTV DigiToneelkompetisie.

Jan-Willem Steyn, Johan du Plessis en Christiaan van Staaden is onder die 16 topleerlinge wat onlangs aanlyn op die ATKV se webwerf aangekondig is.

Die top 8 wat uit dié groep gekies sal word, word op 9 Junie aangekondig.

Jan-Willem het goud verwerf vir sy toneel “Spin van verlange” geskryf deur Ilne Fourie.

Hy het goud gekry vir produksie en vir spel. Die regie is behartig deur Petro Muller.

Johan se “En toe sien ek haar” deur Ilne Fourie het goud behaal, hy het verder goud gekry vir produksie, spel, regie en redigering.

Wicus van Deventer het goud gekry vir videografie in “En toe sien ek haar”.

Christiaan se monoloog “My vakansie” deur Ilne Fourie het vir hom goud verwerf vir produksie en spel en die regie is behartig deur Petro Muller.

Hanko Steenkamp het ook goud gekry vir sy stuk “OMO was nie bloed uit nie”, geskryf deur Ilne Fourie. Hy het silwer verower vir produksie, spel, regie, videografie en redigering.

Die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, is in 2023 weer op die kassie en die jong deelnemers het tydens vanjaar se ATKV-DigiToneelkompetisie al die sintuie ingespan om hul spel vir die kamera te ontwikkel en moontlik hul buiging op TV te maak.

ATKV-DigiToneel is ’n voorloperplatform vir tieners om hul eie monoloë onder ’n nuwe temawolk te skryf en dan vir beoordeling te verfilm.

Vanjaar put leerlinge inspirasie uit die vyf sintuie van die mens. Ons vind in nuutgeskrewe monoloë uit hoe tieners sien, voel, hoor, ruik en proe.

Dit was hierdie temas waarmee deelnemers vanjaar moes woeker om hul spel vir die kamera te ontwikkel en hul skryftalent vlerke te gee met die hulp van mentors.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, sê ’n rekordgetal inskrywings het vir ATKV-DigiToneel ingestroom en dit het kopkrap geverg om die top-16 aan te wys.

You need to be Logged In to leave a comment.