Leerlinge maak verskil by skuiling vir vroue

“Geliefd, om liefde te betuig,” was die tema toe leerlinge en onderwysers van die Eunice High School die skuiling vir vroue, Bloemshelter, aan die vooraand van Valentynsdag besoek het.


“Geliefd, om liefde te betuig,” was die tema toe leerlinge en onderwysers van die Eunice High School die skuiling vir vroue, Bloemshelter, aan die vooraand van Valentynsdag besoek het.

Alfi Moolman, ’n program­koördineerder van dié skuiling vir vroue, sê terwyl ander hulle met oppervlakkige liefdesbetuigings besig hou, het leerlinge van dié meisieskool en die inwoners van die oord “ ’n kykie in mekaar se skoene” gekry.

Die Eunice-meisies, van gr. 8 tot gr. 12, het voor hul besoek ’n “liefdestoets” gedoen waar- in hulle hul liefde aan 1 Korin- ­tiërs 13 moes meet.

“Eunice se leerlinge het sak- ke vol klere en doeke en nog meer geskenk, waarvoor ons baie dankbaar is. Van groot hulp was hul kennis oor die gebruik van sosiale media om bewusmaking oor haweloosheid en kwesbare vroue en kinders te skep.”

Elke leerling is daarna aan ’n inwoner voorgestel om in gesprek te tree en tyd saam deur te bring. ’n Anonieme inwoner sê die meisies het hul- le geleer wat liefde is.

“Die meisie met wie ek ge- sels het, het my laat oopmaak teenoor haar en sy het oop- gemaak teenoor my.

“Dit was so wonderlik om net daardie liefde van ’n 17-jarige kind te ervaar.”

Sy vertel hulle het deur die tuin gestap en die leerling het opgemerk dit haar tuis laat voel. “Ek het vir haar gesê dié is ’n huis van liefde, ’n huis wat jou kan genees.”

Die inwoner sê ook die toe- vlugsoord het haar geleer wat liefde is.

“Dit is die eerste keer in my lewe dat ek voel daar ís liefde in die wêreld; daar ís mense wat omgee.”

Die leerlinge sê woorde soos “vreugde” en “goedheid” is hoe hulle die dag kan beskryf.

“Die hartlike liefde wat hulle van die inwoners ontvang het en hoe mooi die oord is, het hulle opgeval.”

Leah Windsor, ’n gr. 11-leerling, sê dit was ongelooflik om sulke lieflike mense te ontmoet. “Hulle was ondanks hul omstandighede so positief. Dit was voorwaar ’n onvergeetlike ervaring!”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.