Die Hoër Meisieskool Oranje se o.15A-tennisspan het vir ‘n vierde keer uit ses jaar die Amanda Coetzer-toernooi gewen en is sodoende die nie-amptelike Suid-Afrikaanse kampioen. Hy het Affies op Saterdag 10 Mei met 8 – 2 in die eindstryd van die o.15-afdeling geklop.
Die span se ander seges was oor die Rhenish Girls’ High (10 – 2), Hoërskool Waterkloof (12 – 0), Hoërskool Menlopark (12 – 0) en Paarl Girls’ High (8 – 2, halfeindstryd).
Inge Ferreira en Yana Olivier was die beste o.15-dubbelspaar. Yana was ook die beste nr.3-speler (o.15) en het die eerbewys vir die beste sportmanskap ontvang.
Mieke le Roux was die beste nr.2-speler (o.15) en Mariaana Spamer die beste nr.4-speler (o.15).
Oranje se o.19A’s het ‘n trotse rekord voortgesit deur in elk van die 26 Amanda Coetzer-toernooie in die top drie te eindig. Dié span het Paarl Girls’ 12 – 0 om die derde plek geklop.
Donna le Roux was die beste nr.1-speler (o.19); Lika Claassens die beste nr.4-speler (o.19); Zané Volskenck die beste nr.6-speler (o.19) en Ameli Bezuidenhout die beste nr.7-speler (o.19).

You must be logged in to post a comment.