Van links is Jenna-Leigh Pollock, Shaylin Lewis, Sindi Hugo, Ance Immelman, Ruan Gribble, Zimkhita Tshali, Teri Stallenberg en Zack Wolmarans. Hulle skitter in fietsry, met Shaylin wat in atletiek uitblink. Foto’s: Verskaf


Leerlinge aan die Martie du Plessis-skool het aan die Suid-Afrikaanse spele vir mense met gestremdhede, wat van 18 tot 23 Maart in Ekurhuleni plaasgevind het, deelgeneem.

Die groep is deel van die Vrystaatspan wat ’n algehele tweede plek op die spele behaal het.

Die Vrystaatse fietsryspan het die kompetisie gewen.

Atlete wat medaljes verwerf het, is:

  • Agnes Tau – silwer in gewigstoot en brons in diskusgooi en spiesgooi;
  • Shaylin Lewis – goud in diskusgooi en gewigstoot; en
  • Naledi Maria Nhlapo, wat ’n bronsmedalje in boccia in die BC4-afdeling gekry het.

Talle fietsryers het uitgeblink. Ance Immelman, Zack Wolmarans, Teri Stallenberg, Jimmy Ozoude, Jenna-Leigh Pollock, Ruan Gribble en Sindi Hugo het almal goud gekry in die volgende vier nommers: die 3 000 m-baan, 1 000 m-baan, 8 km-tydtoets en die 12 km-padwedren.

You need to be Logged In to leave a comment.