Lekker versnapperinge vir kieskeurige kinders

Kinders moet genoeg kalsium inkry, maar as hulle nie van melk hou nie, moet ouers maar planne maak. Hier is twee oulike resepte.


Kinders moet meer kalsium inkry soos wat hulle ouer word sodat hulle bene sterk kan ontwikkel. Melk is een van die beste bronne van kalsium.

As jou kind egter ’n kieskeurige etertjie is en nie van ’n glas melk hou nie, kan dit nogal moeilik wees om seker te maak dat hulle genoeg kalsium inkry.

Paul Mindry, die Spar-groep se handelsmerkbestuurder, sê daar is maklike oplossings. Hy gee twee vinnige resepte om seker te maak jou kinders kry genoeg kalsium in – en smul te lekker daaraan.

Melksommel-melodie

Melkskommels is lekker vir almal. Jy kan verskillende geure gebruik om hierdie lekkerte af te wissel.

Hierdie resep maak vier drankies.

Bestanddele

* 500 ml vanielje-roomys

* 500 ml volroommelk

Idees vir geure

* Fyngedrukte piesang

* 125 ml vanieljevla en 50 ml Squillos-aarbygegeurde melkpoeier

* Enige vars vrugte wat in die voedselverwerker fyngemaak is soos aarbeie, papaja of mango’s.

Maak so

Meng die melk en roomys in ’n voedselverwerker of handmenger. Gooi die geurmiddel soos varsgepulpte vrugte by.

Pro-Nutro Puffs

Benewens die gesonde en voedingryke voordele van melk, kan volgraan-heerlikheid van ontbytgraan ook ’n goeie alternatief wees vir ontbyt.

Die resep maak 8 porsies.

Bestanddele

*480g koekmeel (4 koppies)

* 20 ml bakpoeier

* 500 ml ProNutro volgraanontbytgraan

* 5 ml sout

* 100 ml canola-olie

* 4 groot eiers, liggies geklop

* 500 ml volroommelk

* 250 ml water

Maak so:

Verhit die oond tot 180 °C en spuit ’n groot kolwyntjiepan met kleefwerende mengsel.

Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak met ’n houtlepel.

Skep die mengsel in die pannetjies en bak vir 25 min.

Wenke:

Strooi papawer- of sesame-saad oor voor jy die kolwyntjies in die oond druk.

Jy kan die volgraan ProNutro vervang met die appel-geur, maar dit sal effens soeter wees.

* Kry meer resepte by https://www.spar.co.za/Recipes
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.