Daar word naels gekou in die Laerskool Noord se personeelkamer.
Die skoolhoof tree af en drie onderwyseresse sit in die personeelkamer en beplan ’n verrassingspartytjie vir hom terwyl hulle wag dat hy via Zoom sy opvolger aankondig.
Kou elkeen naels omdat sy die volgende skoolhoof wil word of omdat sy nié die volgende skoolhoof wil word nie?
Die skrywer van die produksie Laerskool Noord is Bloemfonteiner Ilne Fourie en die regisseur is Gideon Lombard.
Neels Coetzee vertolk die rol van die skoolhoof, Margit Meyer-Rödenbeck is die netbaljuffrou Zelda de Wet.
Ilne speel die rol van Marietjie Marais, die juffrou wat in verkleinwoordies praat en Marion Holm is te sien as die dramaonderwyser Bets du Preez.
Laerskool Noord gaan die gehoor laat skater van die lag. Dit gaan die heel eerste keer op die Vrystaat Kunstefees elke dag van 12 tot 16 Julie in die Kopanong-ouditorium gesien kan word.
Van Bloemfontein gaan die produksie na die Aardklop-kunstefees waar dit ook te sien sal wees.
Kaartjies kos R150 is reeds beskikbaar op vrystaatkunstefees.co.za.
Die Vrystaat Kunstefees se Mini-mark is ook van 12 tot 16 Julie op die Kovie-kampus.
Hou Bloemnuus dop vir meer inligting oor die Julie-fees wat ook nog produksies insluit.
Dit sluit ’n kinderproduksie asook produksies in die Aasvoëlklub in.
Die hooffees van die Vrystaat Kunstefees waarop al die ander produksies sal wees, sal van 2 tot 8 Oktober op die Kovsie-kampus aangebied word.