Pas terug van ’n suksesvolle toer deur die Verenigde Koninkryk, kan Bloemfonteiners uitsien na ’n Kersvertoning deur die internasionaal bekende Drakensbergseunskoor by Carols with the Stars op Vrydag 1 November by die Laerskool Willem Postma.
Die jaarlikse geselligheid aangebied deur Pick n Pay Preller Walk, is die perfekte geleentheid vir gesinne oor Bloemfontein en omgewing heen om in die stemming te kom van die feestyd wat voorlê.
Toegang tot die Carols with the Stars is gratis, maar almal word genooi om nie-bederfbare kos saam te bring en in die winkeltrollies by die ingange te plaas.
Die skenkings sal oorhandig word aan Mooihawe, Dr. Böhmer-vaardigheidskool en Guardian and Angel om die nood in die gemeenskap te help verlig.
Klante van Pick n Pay Preller Walk het nog geleentheid tot Donderdag 31 Oktober om 20:00 om inkopies ter waarde van R200 of meer te doen en in te skryf om ’n kans te staan om ’n splinternuwe Suzuki S-Presso te wen.
Skryf net jou naam en van, identiteitsnommer (ID) en kontaknommer agterop die inkopiestrokie wanneer jy uit die winkel kom en plaas dit in die gemerkte houers voor Pick n Pay.
Vyf finaliste se strokies sal volgende week op die Carols getrek word en elkeen sal ’n motorsleutel ontvang.
Die een wie se sleutel die Suzuki S-Presso aanskakel, wen die motor. Slegs finaliste wat teenwoordig is, sal aan die trekking kan deel wees.
Pick n Pay Preller gaan die Donderdag voor en Vrydag van die Carols piekniek-pakkies vir twee of vier mense in die winkel te koop aanbied om dit sommer lekker maklik te maak om eetgoed saam te neem.
Gaste kan net hul eie stoele of komberse en warm baadjies bring.
Daar sal ook kosstalletjies by die skool wees waar eet- en drinkgoed te koop sal wees
Voor die optrede van die Drankensbergseunskoor, gaan die skoolkore van die Laerskool Willem Postma en die koor van die Eunice High School optree.
Carols with the Stars begin op 1 November om 18:00.
BloemNuus is die gedrukte mediaborg van die geleentheid en Radio Rosestad is die radio-borg.
Een leser staan die kans om ’n koopbewys ter waarde van R500 van Pick n Pay Preller Walk te wen deur deel te neem aan die Carols with the Stars-kompetisie op BloemNuus se Facebook-blad.
Besoek die blad en “tag” vriende by “comments” op Facebook. Die wenner sal Woensdag 30 Oktober op BloemNuus se Facebook-blad aangekondig word.