Danksy ’n ruim skenking van Human Auto, kon Engo Gesinsorg op Dinsdag 25 Oktober ’n splinternuwe asseseringskamer inwy en rolstoele aan sy bejaardesorgsentrums skenk.
Met die skenking van R70 981 is daar by Gesinssorg se kantoor in Bloemfontein ’n nuwe asseseringskamer ingewy.
“Die kamer maak dit nou moontlik vir ons maatskaplike werkers om kinders wat trauma beleef of uit moeilike omstandighede kom, in ’n kindervriendelike omgewing deur middel van speletjies te assesseer,” sê Madelein Nortje, direkteur van Engo Gesinsorg in die Vrystaat. “Sodoende kan die beste moontlike terapie en leiding aan hulle en hulle ouers gebied word.”
Uit die fonds kon daar ook 14 rolstoele geskenk word aan Engo se bejaardesorgsentrums.
Rika Wolmarans, direkteur van Engo Bejaardesorg in die Vrystaat sê die rolstoele gaan versprei word na die sentrums met die grootste behoefte.
“Hierdie skenking help ons personeel om die ouer mense met meer gemak te hanteer en gee ook aan die bejaardes hoop en selfvertroue. “