Liewe Heksie het besluit dis tyd dat sy op haar besem
klim en die land verken en dan sommer hier en daar ‘n bietjie stop, dat haar
besem kan rus en dan ‘n vertoning aanbied: Liewe Heksie en die Rolskaatse
Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar
“eerste” verjaarsdag vanjaar sommer ‘n paar keer.  Met haar persente, ‘n
biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. 
Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele
ry.  Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van
Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” 
 

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met
baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die
“ultimate”, nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle
van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die
hele gesin: by vorige vertonings vanjaar het selfs van die volwassenes gesê-
dit was hul vermaaklikste produksie in jare!
 

Liewe Heksie en die Rolskaatse het vanjaar die KKNK se
Kanna toekenning vir beste kinderteaterproduksie ontvang.
 

“Senuwees en Skater. Impromptu teater op sy beste.
Kinderteater het duidelik ‘n doel: nie net om iets aan kleingoed te bied nie,
maar ook om verstokte siele weer in sprokies en spel te laat glo.” Marianna
Malan- Die Burger)
 

By die Vrystaat Minimark Kunstefees – Kapanong
Auditorium – Bloemfontein van 12 tot 16 Julie om 10:00

Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by www.webtickets.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.