Soms soek ’n mens ’n resep wat lig en gesond is – perfek vir middagete – of ’n aandete wat vrolik lyk en heerlik smaak.
Wendy Polisi se Keto-hoenderslaai is smaaklik en kan sommer vinnig gemaak word wanneer al die bestanddele byderhand is.
Die voorbereiding neem sowat 15 minute.
Jy benodig:
- 400 g hoenderborsies (sonder been en vel) gekook;
- 250 g gekookte spek;
- 2 dille-piekels, opgekap;
- ½ koppie opgekapte seldery;
- ¼ koppie opgekapte rooi ui;
- ¼ koppie opgekapte pekanneute;
- 2 eetlepels vars dille, opgekap; en
- Vars slaaiblare vir opdiening.
’n Sousie van:
- 1 koppie mayonnaise;
- 2 eetlepels appelasyn;
- 1 eetlepel dijon-mostert;
- ½ teelepel sout; en
- ½ teelepel peper.
Sny die hoender in stukkies en voeg dit saam met die spek, dille-piekels, seldery, rooi uie, pekanneute en dille in ’n mengbak.
Meng die mayonnaise, appelasyn, dijon-mostert, sout en peper saam.
Voeg die mayonnaise-mengsel by die hoender en meng goed.
Die hoender-mengsel kan vir tot vyf dae in die yskas gehou word.
Skep die vulsel op ’n slaaiblaar en geniet.