Luna Paige toer deur die land en kuier volgende week, op Woensdag 16 April, hier in Bloemfontein.
Sy sing haar nuutste versameling liedjies in haar Oceanic Heart-toer wat in Februarie in die Wes- en Oos-Kaap begin het.

In April en Mei reis Luna na die noordelike dele van die land om musiekliefhebbers oor Suid-Afrika heen te vermaak.
Die sanger-liedjieskrywer en storieverteller bring musiekliefhebbers ‘n versameling liedjies wat die omvattende aard van liefde vier. In Oceanic Heart sing Luna Paige oor romantiese liefde, liefde tussen vriende en familie, sowel as die diep verbintenis tussen mense en hul diere. Sy sing oor liefde vir die natuur, reis en die belangrikste – selfliefde.
Benewens die uitvoering van haar oorspronklike materiaal, sal Luna ook liedjies deur bekende kunstenaars sing.
Sy sal haar eie weergawe van hierdie liedjies oor liefde, vriendskap en ons geliefde viervoetiges uitvoer. Sy sluit bekende en minder bekende liedjies deur gewilde kunstenaars soos Dolly Parton, Norah Jones, Carole King, Nick Cave, Neil Young en Janis Joplin in.
Luna is geen onbekende onder kieskeurige musiekliefhebbers nie.
Sy is bekend vir haar besonderse liedjies en kragtige stem.
Sy begelei haarself op elektriese klavier en akoestiese kitaar en sing in Afrikaans en Engels.
Sy het tot dusver in haar musiekloopbaan vyf Engelse albums, en twee Afrikaanse albums opgeneem. Een van haar albums is ook vir ‘n Suid-Afrikaanse musiekeerbewys (Sama) benoem.
Sy het verskeie enkelsnitte sedert 2003 uitgeryk.
In Oktober en November verlede jaar het sy nasionaal getoer met haar Tuiskoms-toer nadat sy drie opwindende maande in Europa deurgebring het, wat intieme optredes in Nederland ingesluit het.
Vanjaar In Oktober en November toer sy deur Nederland met ‘n splinternuwe produksie by name van Droomland.
Die vertoning is Woensdag om 18:00 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) en word deur die Vriende van Naln aangebied.
Die deure open om 17:30. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by quicket.co.za. Gaste is welkom om hul eie wyn te bring en peuselboksies kan teen R60 ook op quicket.co.za bestel word. Daar sal ook gebottelde water te koop wees.
You must be logged in to post a comment.