Human Auto in Bloemfontein, die Syncro-groep en Ford Ranger- en Everest-eienaars het op 27 Augustus ’n liefdadigheidsrit ten bate van die Agri Securitas-trustfonds en die beskerming van boere, hul gesinne en werkers gehou. Altesaam 37 voertuie en 108 mense het deelgeneem aan die sirkelrit van 140 km op teer- en grondpad en in die veld. By Be Human van Jacques en Marica Strydom langs die R30 na Brandfort, is in die veld saamgekuier en vriendskappe gesmee. Daar is geëet, gekuier, kleiduif en kettie geskiet en tougetrek. Vir volgende jaar word, op versoek van voertuigeienaars, ’n kampnaweek vir Ranger- en Everest-eienaars oorweeg.
Lus vir nog ná boere-pretrit
Human Auto saam met eienaars van Ford Ranger- en Everest het op 27 Augustus ’n liefdadigheidsrit ten bate van die Agri Securitas-trustfonds en die beskerming van boere, hul gesinne en werkers gehou
Share this post: