Besoekers aan Villa Avianto se Franse Kersmark op Saterdag (03/12) in Kwaggafontein, sal hulle ure lank kan verlustig in ’n groot verskeidenheid uitstallings en ’n reuse-aanbod van wonderlike Kersgeskenke.
Een stalletjie waar besoekers ’n draai kan gaan maak, is dié van B-earth.
Debbie van Zyl, die stigter van B-earth, sê haar leuse is om goed vir jouself te wees, terwyl jy ook goed is vir die omgewing.
By die stalletjie word kamerparfuum, kerse en ander handgemaakte produkte soos mandjies in samewerking met Bluebell verkoop.
Nuut tot hierdie reeks is hand- en lyfseep asook room en ’n lyfmasseerkers.
Debbie sê daar is ook nou pragtige handgemaakte leerskoene wat baie gewild is onder klante.
“B-earth is gebore uit ’n jarelange liefde vir alles wat lekker ruik en mooi en van goeie gehalte is, maar steeds met die oog op verantwoordelik wees teenoor ons omgewing,” sê Debbie.
Die Franse Kersmark begin eers om 10:00 en duur tot 20:00, so dis ’n lekker geleentheid om lank daar rond te drentel, lekker te eet en saam met vriende en familie te kuier.
Toegang is R30 en R10 vir leerlinge vanaf gr. 1 tot 7. Toegang vir kinders jonger as 6 jaar is gratis.
Rig navrae by 083-329-4872.




