Ma en verdagtes se borgtogaansoek ná grusame kindermishandeling in Bloemfontein uitgestel

Die borgtogaansoek van ‘n ma en drie ander verdagtes van Bloemfontein, wat aangekla word van aanranding en poging tot moord is vandag vir die tweede keer uitgestel. Dit volg op die ernstige beserings wat ‘n tweejarige seuntjie opgedoen het, wat hom i


Die borgtogaansoek van ‘n ma en drie ander verdagtes van Bloemfontein, wat aangekla word van aanranding en poging tot moord is vandag vir die tweede keer uitgestel. Dit volg op die ernstige beserings wat ‘n tweejarige seuntjie opgedoen het, wat hom in die hospitaal laat beland het.

Die verdagtes sluit die 34-jarige ma van die kinders en haar 25-jarige kêrel in, wat nie geïdentifiseer mag word nie. Adriaan Cornelius Seriven (35) en Wendy Nel (40) is ook in hegtenis geneem. Al vier sal in aanhouding bly tot hul derde hofverskyning op 15 Oktober, terwyl hulle regsverteenwoordiging soek.

Net soos met die eerste borgtogaansoek op Donderdag 3 Oktober, was daar vandag weer mense wat by die Bloemfonteinse landdroshof gevra het dat die vier, wat verskyn op aanklagte van onder meer aanranding en poging tot moord nadat drie kinders in die hospitaal beland het in aanhouding bly. By die hof is van links Gysbert Nienaber (lid van publiek), Armand Cloete (VF Plus- Provinsiale wetgewerlid) en Bridgette van der Merwe (Bayswater United Rekopane) met lede van die VL Plus se provinsiale kantoor en ander lede van die publiek voor die hof vanoggend met die aanhoor van die borttogaansoek. Foto: Lientjie Mentz

Die seuntjie is die oggend van 22 September met skokkende beserings na die Pelonomi-hospitaal geneem, waarna die polisie ontbied is. Die polisie het die ma en haar kêrel in hegtenis geneem is. Die ander twee verdagtes, Seriven wat ’n vriend van die ma is en Nel, sy verloofde, is daarna ook in hegtenis geneem.

Parkweg-polisiekantoor ondersoek onder meer ’n saak van poging tot moord.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle is die klagte nou ook uitgebrei na aanranding en kinderverwaarlosing van die vrou se ander drie kinders.

Vandag is klagtes in die hof voorgelees van poging tot moord op die negejarige suster en aanranding en geslagsgeweld op al vier kinders, insluitende die sesjarige sussie en die vierjarige broer. Klagte van die nie-aanmelding van kindergeweld is ook bygevoeg.

Hierdie gruwelike voorval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Twee van die vrou se ander kinders moes ook vir beserings in die hospitaal behandel word. Al die kinders is nou in ’n plek van veiligheid.

Hester Bekker van die welsynsorganisasie Guardian & Angel sê sy ken die familie al 10 jaar en het ’n lang pad met die gesin gestap. Sy het haar ontsteltenis oor die voorval uitgespreek.

“Die ma en pa is ’n paar maande gelede uitmekaar. Sy en haar kinders het toe ’n ruk lank by (die skuiling) Sannie se Kombuis gewoon en toe ek haar weer probeer kontak, was sy net weg.”

“Ek het met skok besef dit is dié ma se kind. Hierdie was altyd ’n omgee-ma en al hierdie dinge is vir my ’n groot skok. Geen nugter of normale mens kan kinders so verniel nie. Ek het met hul pa kontak gemaak. Hy huil baie en sien maatskaplike werkers vir berading.”

Bekker sê sy het eers weer met hulle in aanraking gekom toe mense haar gekontak het om te vra of sy weet wie die seuntjie is. “Ek het met skok besef dit is dié ma se kind. Hierdie was altyd ’n omgee-ma en al hierdie dinge is vir my ’n groot skok. Geen nugter of normale mens kan kinders so verniel nie. Ek het met hul pa kontak gemaak. Hy huil baie en sien maatskaplike werkers vir berading.”

Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek en wil nie hê die viertal moet borgtog kry nie. Bekker sê: “Mense moet wakker skrik, oplet, luister en dit aanmeld as daar kinders verwaarloos word of as hulle aanranding op kinders vermoed.”

Lede van VF Plus se provinsiale kantoor het vanoggend buite die hof betoog.

Armand Cloete, VF-wetgewerlid en voorsitter van die wetgewer se portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid, sê die beweerde aanranding op die jong kind is ’n duidelike bewys dat die Vrystaat die oorlog teen dwelmmisbruik verloor. Daar moet baie meer gedoen word om dwelmmisbruik in alle gemeenskappe aan te spreek.”

Hy sê die portefeuljekomitee sal in die komende maande met die polisie en die departement maatskaplike ontwikkeling gesels om te sien wat die plan is om dwelmmisbruik in die Vrystaat te bekamp.

“Ons kan dit nie bekostig dat vroue en jong kinders mishandel word weens dwelmmisbruik nie.”

Bridgette van der Merwe van die Bayswater United Rekopane-woonbuurtvereniging in Bayswater naby Noordhoek, waar die voorval plaasgevind het, sê die voorval is baie hartseer.

Sy sê die vier kinders, twee seuns en twee dogters is na bewering mishandel. “Ons hoop dat die gemeenskap kan saamstaan om die dwelmprobleme aan te spreek.”

Konst. Anchen van Biljon is die ondersoekbeampte.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.