Hier is ’n paar wenke vir hoe om jou reis met jou kleinding te vergemaklik.
Pak klere vir alle geleenthede
Afhangend van hoe lank julle weggaan, en waarheen, is dit goed om genoeg klere in te pak. Die kanse is goed dat jou klein rock-ster in die motor op homself gaan mors, en daarom moet daar ook klere byderhand wees vir daardie vinnige aantreksessie voordat julle die eindbestemming bereik. Babas is ook sensitief vir klimaatsverandering. Selfs al is dit warm en sonnig, kan ’n onverwagte donderstorm die temperatuur vinnig laat daal.
Skep bekendheid sodat Baba lekker slaap
As julle op ’n lang reis gaan, kan jou baba ongemaklik raak buite sy bekende omgewing. Pak jou baba se gunsteling-speelgoed, -kombers en kussing in om hom gemaklik te maak. Die baba sal hierdie artikels met bedtyd in verband bring en dit sal dalk help dat hy makliker slaap – iets wat Ma en Pa op ’n lang reis sal waardeer.
Stop gereeld
Babas raak maklik ongemaklik en geïrriteerd wanneer hulle lank op een plek moet stilsit. As julle lank gaan reis, beplan vooruit waar julle veilig kan stilhou en ’n bietjie rondloop. Baba sal die vars lug en verandering van omgewing geniet. Dit is dalk ook net tyd om daardie doek te ruil.
Kies die regte doek vir die geleentheid