Die jaarlikse CityRun-maanligwedloop vind vanjaar op 9 November plaas.
Die wedloop vind ten bate van bewusmakingsmaand vir diabetes plaas.
Meer as 1.8 miljoen mense in Suid-Afrika lei aan diabetes. Tydens die wedloop sal daar die geleentheid wees waarop mense meer inligting oor dié siekte en die voorkoming daarvan kan kry, en ook glukose-toetse kan laat doen.
Inskryfgeld kos R60 en inskrywings kan gedoen word van 16:30 af by die Mandela-standbeeld op Naval Hill.
Vooraf-inskrywings kan ook gedoen word op therunningedge.co.za/cityrun-moonlight-run.
Kom hardloop of stap saam met die vrywilligers van die CityRun Naval Hill tydens die sonsondergang op die koppie.
Rig navrae aan Arina Engelbrecht by 083-644-9980.