Kom ontspan onder die sterre met lekker musiek. Foto: Lientjie Mentz


Beurtkrag veroorsaak nie net ’n deurmekaarspul by huise, verkeersligte en ondernemings nie, dit beïnvloed ook konserte.

Die musiekuitvoering wat Vrydag (22/02) by die sterrewag op Naval Hill aangebied sou word, is na A Little Guesthouse in Van Blerklaan 15 in Bainsvlei verskuif. Die vorige vertoning op Naval Hill is juis deur beurtkrag kortgeknip.

Pak die piekniekmandjie, stoele en snoesige komberse in en kom geniet Tango, etc saam met familie en vriende. Die konsert begin om 18:00.

Petro Engelbrecht (klavier), Chris van Zyl (tjello) en Elsabé Raath (altviool) sal konsert­gangers met ’n wye verskeidenheid musiek vermaak. Petro gaan selfs hierdie keer die trekklavier uithaal vir van die liedjies op Vrydag se program.

Liedjies soos “Paint it black” uit The Godfather, ’n wals van Shostakovich, temas uit musiekblyspele en tango-nommers kan verwag word.

Kaartjies kos R100 en kan bespreek word deur Engelbrecht by 082-824-5507 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.