Maklike, vinnige kerrievisresep vir Paasfees

Die gebruik om kerrievis voor Paasnaweek voor te berei en dit dié naweek te eet, stam volgens tradisie uit die Kaaps Maleise-kookkuns om vars vis te preserveer.


Die gebruik om kerrievis voor Paasnaweek voor te berei en dit dié naweek te eet, stam volgens tradisie uit die Kaaps Maleise-kookkuns om vars vis te preserveer.

Die vis en brood verwys na die Bybelse verhaal waar Jesus voor sy dood vyf brode en twee vissies vermeerder het om die skare te voed.

Daarom is dit die gebruik om brood (dikwels Paasbolletjies, maar enige brood) en vis te bedien op veral Goeie Vrydag en die res van die Paasnaweek.

Noleen Petersen van Bloemfontein gaan eers Donderdag-aand haar vis voorberei sodat dit gereed is vir die viering.

Hier is haar resep vir Paasfees-kerrievis vir 12 mense:

Die visbenodigdhede is:

2 kg vis in blokkies gesny (kies self of jy die vel wil verwyder);

6 eiers;

2 koppies meel;

sout, peper en visspeserye.

Maak so:

Bedek die vis met sout, peper en visspeserye;

rol dit in die meel en dan in die eier;

bak tot goudbruin.

Vir die piekelsous benodig jy:

10 uie;

lourierblare;

borrie;

koljandersaad;

rooi en swart peperkorrels;

sout na smaak;

1 teelepel swart peper

1 teelepel dhanya-poeier

2 eetlepels kerriepoeier (of na smaak)

3 eetlepels kookolie

¾ koppie asyn

1 koppie suiker.

Maak nou so:

Skil die uie en sny dit in ringe en kook tot deursigtig en sag.

Gooi die water af en voeg kookwater by die uie. Voeg die lourierblare, borrie, koljander, sout en peperkorrels, swartpeper, dhanya en kerriepoeier by.

Laat die mengsel vir 5 minute kook.

Voeg nou die suiker, asyn en olie by en kook ten minste ’n halfuur op lae hitte.

Jy kan die sous verdik as jy sou wou deur drie eetlepels koekmeel met water te meng en dit by die mengsel te gooi.

Gooi nou die piekelmengsel oor die gebakte vis en verkoel oornag in die yskas.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.