Talle nuwe uitstallers sal op die Franse Mark by Villa Avianto Saterdag (06/08) te sien wees. Mooi handgemaakte kerse en ’n verskeidenheid kase is te koop. Proe ook aan die gourmet-slakke en ander delikatesse uit Frank- ryk wat op dié mark in Kwaggafontein aangebied word.
Cézanne Yzelle en Levante du Preez tree van 11:00 tot 12:00 en weer van 13:00 tot 14:00 op die verhoog in die vierkant op.
Skakel 083-329-4872 vir inligting oor die mark.