Mark vertoon talente

Sowat 60 gesinne het Saterdag (03/09) op die Tuis­onderrig-markdag die produkte van maande se beplanning en harde werk te koop aangebied.


Sowat 60 gesinne het Saterdag (03/09) op die Tuis­onderrig-markdag die produkte van maande se beplanning en harde werk te koop aangebied.

Die stalletjies met ’n verskeidenheid kreatiewe handwerkprodukte, eetgoed en vele meer is by die Vrystaat-nasorgsentrum vertoon.

Loudine Otto, wat die mark gereël het, sê die tuisonderrig-gemeenskap is groot en lekker aktief.

“Ons het vroeër ’n entrepreneursdag aangebied en gesien dat dié soort aktiwiteit gewild is,” vertel sy.

“Nie net kry die kinders geleentheid om iets kreatiefs te maak nie, ouers het die geleentheid gekry om al die vakke die afgelope maand of wat rondom die tema van só ’n markdag aan te bied.”

Otto sê tuisonderrig hou veskeie voordele vir ouers en kinders in.

“Ouers kies self watter kurrikulum hul kinders volg en watter instansie se matriek-kwalifikasie hulle wil verwerf.”

Loudine sê daar is ’n verskil tussen kinders wat tuis ’n vasgestelde kurrikulum volg, en tuisonderrig waar ouers meer vryheid het as dit kom by die keuse van ’n kurrikulum en hoe kinders se tyd bestuur word.

Sy sê baie mense is versigtig vir tuisonderrig omdat hulle bekommerd is dat hul kinders nie genoeg sosiale interaksie sal ervaar nie.

“Ons bied ’n groot verskeidenheid aktiwiteite aan en die kinders leer op prettige maniere. Van die kinders neem ook aan sport deel – sommige selfs as deel van ’n hoofstroomskool se bedrywighede.

Sy sê egter dit is die ouers se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul kinders by buitemuurse aktiwiteite inskakel.

Loudine sê daar is ’n komitee wat reël aan die matriekafskeid vir die leerlinge wat tuisonderrig ontvang.

Kaapstad en Bloemfontein het ’n groot tuisonderrig-gemeenskap. Ons is meer as 400 gesinne hier in Bloemfontein,” het sy Saterdag by die mark vertel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.