
Leerlinge aan die Laerskool Dr. C.F. Visser het Vrydag geleer om dapper te wees soos Solidariteit Helpende Hand se Braaf die Boerboel. Met Braaf die Boerboel leer die span van Solidariteit Helpende Hand kinders dat dit dapperheid verg om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel dapperste daad is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is dapper as jy help, jy is dapper as jy gee, is die boodskap. Hier by Braaf is van links, voor: Quantinique Bauser (gr. 2) en Eon Swanepoel (gr. 3), wat wys hulle is dapper; agter: Charlé Marais en Kobus Venter van Solidariteit Helpende Hand se Vrystaat-kantoor.Foto: Lientjie Mentz