Henk le Roux (voorsitter van Vrystaat-meestersatletiek) saam met Lynette Fischer, wat haar Suid-Afrikaanse kleure in meestersatletiek ontvang het.Foto: Verskaf


Die Vrystaatse atlete het goed rekenskap van hulself gegee op die 47ste Suid-Afrikaanse meestersatletiekkampioenskaps­byeenkoms wat van 2 tot 4 Mei in Potchefstroom plaasgevind het.

Die volgende atlete het medaljes verower:

Goud

Maryna Swanepoel (10 000 m), Conradie Scheepers (gewigstoot en diskusgooi), Suzaan van Aswegen (gewigstoot), Eugene Martins (5 000 m), Zelna Henning (spiesgooi), Koos de la Rey (100 m en 200 m), Amanda Labuschagne (hoogspring), Lynette Fischer (800 m, 1 500 m en 2 000 m-hindernis) en Chris Smit (paalspring, hoogspring en 80 m-hekkies).

Silwer

Maryna Swanepoel (5 000 m), Jurinda Swart (100 m, 200 m en gewigstoot), Suzaan van Aswegen (spiesgooi en diskusgooi), Flippie Kotze (3 000 m-hindernis), Eddie Bronkhorst (200 m), Reandi Bronkhorst (100 m, 200 m en verspring), Amanda Labuschagne (2 000 m-hindernis) en Chris Smit (hamergooi, spiesgooi en diskusgooi).

Brons

Jurinda Swart (diskusgooi), Hendry Smook (500 m-stap), Pierre Fourie (100 m en 200 m), Johan Stroh (verspring), Marthie Bronn (100 m en 200 m) en André Bartleman (spiesgooi, hoogspring, 400 m-hekkies en tienkamp).

Drie atlete het ook nog ’n besonderse prestasie behaal deur hul Suid-Afrikaanse kleure te ontvang.

Lynette Fischer het kleure ontvang vir die 400 m, 2 000 m-hindernis, 10 km en 21 km. Conradie Scheepers het vir gewigstoot kleure ontvang, en Jan van der Merwe vir die 100 m.

You need to be Logged In to leave a comment.