Meisies van agt skole oor Bloemfontein heen het elk twee pakke sanitêre produkte ontvang as deel van ’n projek van Meals on Wheels.
Ouer meisies van die Laerskool Matla, Sentraal en Wilgehof het die week van 17 tot 20 April hul pakkies in ontvangs geneem.
Al die hoërskoolmeisies van die Hoërskool Vulamasongo, die Hodisa- Tegniese Skool en die Hoërskool Brebner en Navalsig het ook sanitêre produkte ontvang.
Tydens die hele projek is 8 000 sanitêre doekies aan meisies by dié skole uitgedeel.