“Die gemeenskap moet die polisie se hande sterk maak, onder meer deur verdagte aktiwiteite aan te meld en aan gemeenskapspolisiëring-optrede deel te neem – of selfs net deur waaksaam te wees.”
Só het Jabu Mbalula, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, op Dinsdag 4 Maart gesê toe die Vrystaat se nuutste misdaadstatistiek bekend gemaak is.
“Dit is baie belangrik dat mense misdaad by die polisie aanmeld sodat statistieke ontleed kan word en die regsproses doeltreffend kan wees,” het Mbalula beklemtoon.
- Lees die volledige berig op BloemNuus se aanlyn blad onder “Streeknuus” op Netwerk24.