veiling

Die pragtige buffet asook ‘n verskeidenheid Defltware en ander blou borde gaan onder die hamer kom.
Die inhoud van ’n wooneenheid in die Sewe Damme-aftreeoord word op die vakansiedag van 2 Mei op veiling verkoop.

Huis 5vyf in die oord se inhoud, wat pragtige meubels, skilderye deur Mia Venter en besonderse ornamente insluit, kom onder die hamer.

Die registrasiegeld van R50, asook kommissie uit die verkoop van die voorraad, is tot stywing van Volksblad en Sentraal24 se Ons gee Om-fonds (Kersfonds).

Registrasie en besigtiging begin om 08:00, met die veiling wat om 10:00 begin.

Pieter Erasmus van Bainsvlei-afslaers sal as afslaer optree.

Spesiale reëlings is getref om die veiling ter plaatse aan te bied. Om hierdie rede vra Erasmus dat kopers op dieselfde dag betaal en hul aankope verwyder.

Betsie Roux, een van die organiseerders van die veiling, sê besonder mooi voorraad gaan op dié veiling onder die hamer kom.

“Daar is onder meer ’n pragtige, volledige koffiekonfoor, Delftware en besonderse meubels. Die twee stelle skilderye deur Mia Venter is ook ’n groot aantreklikheid.”

Onder die voorraad is onder meer ’n groot verskeidenheid trofeë wat die huiseienaar, wat onlangs oorlede is, deur die jare gewen het. Sobeth Jordaan, wat in die veilingskomitee dien, sê dit is ideaal vir mense wat na trofeë vir verskillende geleenthede soek, of net besonderse blompotte.

Sien op die Facebook-blad Volksblad Ons gee Om foto’s van die twee veilings wat voorlê.

Die volgende veiling is op 21 Mei by Bainsvlei-afslaers.

Rig navrae aan Roux by 082-413-9275. 
veiling

‘n Groot verskeidenheid trofeë is ook onder die voorraad. Nuwe graveerwerk kan gedoen word en die bekers kan vir iets anders aangewend word.

You need to be Logged In to leave a comment.