Die proses waarvolgens die Mangaung-metro se voorafbetaaldewatermeters na die nasionale tekenidentifiseerder- (TID) stelsel opgegradeer word, het begin. Woonbuurte word nou stuk-stuk hierdeur geraak.

Wanneer hul woonbuurt aan die beurt kom, sal inwoners vyf kodes met 20 syfers elk ontvang. Tik die eerste een in, gevolg deur die #, en herhaal dit met al vyf. As al die kodes reg ingetik is, sal die inwoner 100 liter water ontvang.

Sien die video oor die proses op BloemNuus se Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.