Metro se skuld kwel

Die Mangaung-metro is een van 16 munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom saam meer as R17 miljard skuld.


Die Mangaung-metro is een van 16 munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom saam meer as R17 miljard skuld.

Die metro se totale skuld aan Eskom is R306,6 m.

Agnes Mlambo, algemene bestuurder van Eskom in die Vrystaat en KwaZulu-Natal, sê dit is onregverdig dat dié instansie die tekort moet absorbeer terwyl die infrastruktuur onderhou moet word.

“Dit terwyl die land groot uitdagings in kragvoorsiening het,” sê sy in ’n nuusverklaring.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.