Geld word Saterdag ingesamel vir 1SDB se museum.


Kom geniet ’n opedag by 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) Saterdag (02/03) van 09:30 tot 17:00.

Besoekers kan in die lapa kuier en hulle verlustig in die uitstalling militêre voertuie wat besigtig kan word.

Die dag word aangebied om geld vir die eenheid se museum in te samel. Dié museum vier volgende jaar (2023) sy 90ste bestaansjaar.

Tydens die opedag sal uitstallings van verskeie pantser- en infanterie-gevegsvoertuie, asook ander militêre voertuie wees.

Van die voertuie wat die Pantserskool sal uitstal, sluit in die Rooikat, Ratel ZT 3 Missiel-stelsel, Eland 60 mm- en 90 mm-pantserkarre, die Buffel-troepedraer, die Ferret-verkenningsvoertuig, die Bedford-troepedraer en ander.

Kom loer ook na die skaalmodelle van militêre voertuie en ander aandenkings wat te koop sal wees.

Kosstalletjies met koeldrank en ’n biertent waar oues kan ontspan sal beskikbaar wees. Geen eie verversings en koelhouers toegelaat nie.

Toegang is gratis en die hele gesin is welkom.

Rig navrae aan kapt. Johann Prinsloo by 083-922-7436.

You need to be Logged In to leave a comment.