Minister reageer oor toestande by Mangaung-stortingsterrein
Rook oor Bloemfontein se suidelike stortingsterrein. FOTO: Verskaf

Die minister van bosbou, vissery en omgewingsake Willie Aucamp, het reageer op ‘n verslag van die DA in die Mangaung-metro oor die hernude giftige brande by die noordelike stortingsterrein in Bloemfontein.

DA-wyksraadlid Selmé Pretorius sê ‘n brief is op 28 November ontvang wat bevestig dat die departement die brande op dié stortingsterrein monitor. Die departement het ‘n formele ondersoek van die Vrystaatse LUR vir omgewingsake, Elzabe Rockman, gevra om die oorsaak van die brande te ondersoek en om planne in werking te stel om dit te verhoed.

Pretorius sê dié stap wys die minister se toewyding tot goeie regering, oorsig oor wetstoepassing en samewerking tussen regeringsdepartemente. “Die DA in Mangaung waardeer die vinnige en deursigtinge optrede.

Willie Aucamp, minister van bosbou, vissery en omgewingsake. FOTO: Facebook

“Hierdie stap weerspieël die minister se verbintenis tot skoon bestuur, wettige toesig en interregeringssamewerking”, sê Pretorius.

“Die DA in Mangaung waardeer sy vinnige en deursigtige betrokkenheid. Die minister merk korrek op dat die wetlike verantwoordelikheid vir algemene stortingsterreine in die Vrystaat by Departement van Ekonomiese, Kleinbesigheidsontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake (DESTEA) berus, en sy eskalasie beklemtoon die behoefte dat die provinsiale departement en Mangaung-metro dringend en beslissend moet optree.

“Die DA sal opvolg met om te verseker dat inwoners duidelike kommunikasie, behoorlike handhawing en permanente oplossings ontvang om herhalende stortingsbrande te voorkom. Gemeenskappe in die noordelike voorstede het hierdie giftige omstandighede al te lank verduur.,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article