Misdaad gekniehalter

Die AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal het Vrydag (14/04) in same­werking met die polisie, plaaslike gemeenskapspoli­siëringsforum-takke (GPF), gemeenskapslede en verskeie veiligheidsmaatskappye deelgeneem aan AfriForum se


Die AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal het Vrydag (14/04) in same­werking met die polisie, plaaslike gemeenskapspoli­siëringsforum-takke (GPF), gemeenskapslede en verskeie veiligheidsmaatskappye deelgeneem aan AfriForum se nasionale patrollie.

Die patrollie het van 16:00 tot 06:00 geduur.

Altesaam 1 489 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem, en 26 326 km is in 767 voertuie afgelê. Die buurtwagte het 24 voorvalle hanteer.

Die doel van hierdie patrollies is om sigbaarheid in die onderskeie provinsies te verhoog en misdaad sodoende teen te werk.

“Die AfriForum-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies in samewerking met die polisie en ander betrokkenes op die terrein van veiligheid hou om misdaad te help bekamp en veiligheid te bevorder,” het Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidspesialis vir die sentrale streek ná die patrollie gesê.

“Dit is belangrik dat gemeenskappe en organisasies saamstaan om misdaad te bekamp.

“Die verhoogde sigbaarheid in woonbuurte en stede speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid, en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind.”

Renaud het elke buurtwaglid en ander betrokkenes bedank wat deelgeneem het en bereid was om hul tyd selfs op ’n Vrydagaand daaraan af te staan om hul gemeenskap veilig te hou.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.