Misdaad uit ’n ander hoek bekamp

Benewens die kere waarop AfriForum se hommeltuig ingespan word om verkenningswerk te doen, word dit ook gebruik om bystand te verleen tydens die soektog na misdadigers en in noodsituasies.


Benewens die kere waarop AfriForum se hommeltuig ingespan word om verkenningswerk te doen, word dit ook gebruik om bystand te verleen tydens die soektog na misdadigers en in noodsituasies.

Die lugsteunvleuel is onder meer deur AfriForum se Langanhovenpark-buurtwag ingespan toe daar op 25 Junie verdagtes vasgetrek is wat in besit was van brandstof wat uit vliegtuie by die Tempe-lughawe gesteel is.

Die verdagtes is aan die polisie oorhandig. Verskeie klagtes is teen die verdagtes geopen en die saak word deur die polisie ondersoek.

  • In Junie het AfriForum 160 patrollies deur 54 polisielede afgelê. Voorvalle wat hanteer en aangemeld is, sluit in: Die Rayton-Heuwelsig-buurtwag het ’n groot veldbrand geblus en sewe hawelose mense uit ’n bos verwyder wat moontlike risiko vir inwoners kon inhou.) Die Uitsig-buurtwag het die plaaslike brandweer bygestaan tydens ’n veldbrand wat suksesvol geblus is.) Bloemfontein-Noord se buurtwag het gesteelde lugversorgingseenhede en hekmotors gevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.) Sektor 5 se Fichardtpark- en Pellissier-buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n skietvoorval. Hulle het gehelp om die omgewing te beveilig waar AfriForum se lugsteunvleuel ontbied is met die soektog na gewapende verdagtes met behulp van die hommeltuig.

Die takke van AfriForum in Bloemfontein het Vrydag (08/07) deelgeneem aan a massa-patrollie wat sigbaarheid deur die stad verhoog het. 

Daar het in Bloemfontein 173 patrolleerders deelgeneem en 43 ander rolspelers het ook aan die patrollie deelgeneem. Altesaam 84 voertuie is in die patrollie gebruik en 2 108 km is afgelê. Die patrollie het om 20:00 begin en tot 06:00 geduur. Die buurtwagte het hulp met verskeie voorvalle verleen en drie veiligheidsoperasies is suksesvol uitgevoer met behulp van die lugsteunspan.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping. AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer, in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsdienste, om misdaad te bekamp.

“Dit is ook wonderlik om te sien dat ons buurtwagte met nuwe patrolleerders versterk word om die gemeenskap by te staan. Ons nooi alle lede uit om deel te word van die dinamiese span patrolleerders. Opleiding word voorsien om ons lede te bemagtig met die regte kennis en toegerus met die nodige toerusting” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.