vakansie

Die Victoria Boutique Hotel op Hofmeyr.
As jy gedink het Hofmeyr in die Oos-Kaap is ’n vaal, vervelige dorpie waardeur jy so vinnig moontlik moet ry om by die see te kom, dan wag daar vir jou ’n groot verrassing.

As jy weer deur hierdie dorpie ry, hou gerus stil by die Victoria Boutique Hotel vir ’n heerlike ontbyt, middagete, aandete of drankie of verleng jou reis deur ’n nag in dié besonderse hotel te oornag.

Kippie en Mariana Louw het die ou hotel in die dorp gekoop en daarvoor ’n heel nuwe baadjie aangetrek.

Die hotel is in Januarie verlede jaar geopen.

Mariana het wondere verrig om ’n klassieke, besonderse interieur te skep.

As jy daar ingestap het, voel jy net jy wil in die mooi plek kuier en ’n slag asemhaal en ontspan.

Die geregte op die spyskaart is uiters billik.

Kry meer inligting op victoria-boutique-hotel.business.site.
kos

Een van die heerlike geregte op die spyskaart is vis en calamari.
As jy net vinnig deur die dorp ry (wat verkeerd is as jy op vakansie gaan), hou gerus stil by The Farmhouse-tuisnywerheid naby die hotel vir al jou geskenke uit die Karoo. David Lord het dié oulike winkel ingerig waar besoekers heerlik kan kuier.

Albei is by die hoofroete deur die dorp (die hotel net agter ’n klein plein) en sommer maklik om te kry.

You need to be Logged In to leave a comment.