Montello Spyseniers vier 30 jaar in Bloemfontein

Dorothy van der Merwe-Strydom het Montello Spyseniers reeds in Augustus 1994 by die Vrystaat-krieketunie begin, van waar al die funksies 13 jaar lank gedoen is. Montello was die amptelike spysenier van die krieketunie.


Dorothy van der Merwe-Strydom het Montello Spyseniers reeds in Augustus 1994 by die Vrystaat-krieketunie begin, van waar al die funksies 13 jaar lank gedoen is. Montello was die amptelike spysenier van die krieketunie.

Haar suster, Angelique, was van die begin af ’n onmisbare deel van die span totdat sy later getroud is en nou saam met haar gesin in Denemarke woon.

Oral in Bloemfontein, en selfs wyer, het Montello oor die afgelope 30 jaar naam gemaak. Funksies is aangebied in plekke soos die ou stadsaal, Floreatsaal, Rosesaal, Bobbiespark, die Landbousaal, Salavanto, skoolsale en kerksale. Troues is ook al by Bethulie, Hoopstad en Philippolis aangebied en Montello het die spyseniering verskaf vir ’n vrouekonferensie op ’n plaas buite Trompsburg.

Groot geleenthede waar Montello die spyseniering behartig het, sluit in Jonah Lomu se troue in Kimberley (1996), die Internasionale Duiwe-olimpiade in Kaapstad (2001), Nedbank Mangaung Sokker in Botshabelo; en internasionale sterre soos Cliff Richard, Chris de Burgh en WVF-stoeiers het ook al aan Montello se tafels gesit. By ’n geleentheid in tente langs die rivier by Maselspoort is 750 BMW-motorfietsryers vir drie dae voorsien van ontbyt en aandete. Joolkroningsgesellighede van die Universiteit van die Vrystaat (UV), met 500 gaste in die Waterfront, en die Hoërskool Sentraal se “Sprokies vir ’n stadskind”-matriekafskeid op Mimosa Mall se dak, is van die geleenthede wat aangebied is.

Geen wonder Gary Kirsten skryf in sy boek GAZZA dat Montello Spyseniers een van die vyf beste eetplekke in die wêreld is nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.