Mooihede binnekort bekombaar

’n Veiling ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds word vir die vakansiedag op Maandag 25 September beplan.


’n Veiling ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds word vir die vakansiedag op Maandag 25 September beplan.

Dié Erfenisdag-veiling sal soos verlede jaar in die Oorlogsmuseum in Monumentweg aangebied word.

Dit gaan weer ’n veiling van mooi antieke meubels en ander antiekeware wees.

Gaste sal dié Maandag van 08:00 af na die voorraad in die Oorlogsmuseum kan gaan kyk.

Mense wat graag antieke meubels en mooi antiekeware vir die veiling wil inskryf, kan vir Betsie Roux by 082-413-9275 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.