Motors groot en klein bring hulp aan behoeftiges

Danksy besoekers wat op 1 Mei die Cars in the Park-geleentheid by die Martie du Plessis-skool ondersteun het, kon talle begunstigdes op Vrydag 14 Junie met kontant ondersteun word.


Danksy besoekers wat op 1 Mei die Cars in the Park-geleentheid by die Martie du Plessis-skool ondersteun het, kon talle begunstigdes op Vrydag 14 Junie met kontant ondersteun word.

René Greenland van die Vrystaatse Veteraanmotorklub sê vanjaar se Cars in the Park was ’n heerlike geleentheid, met 320 motors, trekkers en motorfietse wat uitgestal is.

Met die 100ste bestaansjaar van Ford SA wat hier gevier is, was 60 Ford-motors – van oud, tot nuwer modelle – deel van die uitstalling.

Die Bloemfonteinse Modelmotorklub het ook uitstallings gehou en stalletjies beman.

Dié klub het Vrydag ’n skenking aan die skool gedoen.

Die Vrystaatse Veteraan­motorklub – saam met C&F Motor Spares, Dup’s Towing Service, Duratec Batteries, William en Casper-meubelvervoer en Engine World – het skenkings gedoen aan Guardi Child, die Beudene-dagsorgsentrum, Guardian and Angel, Huistoe, die Bloemfonteinse DBV, asook die Martie du Plessis-skool.

You need to be Logged In to leave a comment.