Groot m
Motorhandelaars in Bloemfonteinse motorhandelaars is betrokke by die eerste Nuts about Wheels-motorskou Saterdag (06/08) by die Martie du Plessis-skool. Die uitstalling van motors, modelmotors, speelgoed en vele meer word deur die Bloemfontein-modelmotorklub gereël.
Bykans 40 nuwe voertuie gaan rondom die veld uitgestal word. Uitstallings betrek ook ’n groot aantal motorverwante kleinsakeondernemings, met bande, uitlaatstelsels, motorklankstelsels, bakkieseile en -kappies, sleepwaens, woonwaens, motorfietse en nog baie meer.
William en Casper-meubelvervoer sal voertuie van sy vloot uitstal.
Modelmotor-smetuitstallers van oor Suid-Afrika heen bring ’n verskeidenheid handelsmerke soos Dinky, Corgi, Hot Wheels en Matchbox byeen.
Plaaslike lede van die modelmotorklub stal ook uit, en navraealmal wat meer oor die klub wil uitvind, of aansluit,kan dit kom doenis welkom.
“Ons het besluit om alles in te sit en dit ’n lekker groot skou te maak,” sê Jacques Pretorius, organiseerder.
“Kom geniet ons eerste van vele Nuts about Wheels-skoue saam met ons,” nooi hy.
- Lees besonderhede oor die skou in die dagboek op bl. 4.