Museum bring die ligte kant van geskiedenis na vore met reeks produkte

Skote petoors! en ander sê-goed, foto’s en verhale spog op ’n splinternuwe reeks produkte wat by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke te koop is.


Skote petoors! en ander sê-goed, foto’s en verhale spog op ’n splinternuwe reeks produkte  wat by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke te koop is.

Dané Swanepoel, bemarkingsbestuurder van die museum, sê die nuwe reeks produkte. Ons Erfenis. is gemaak om te wys dat geskiedenis nie vervelig is nie.

“Ons wou produkte laat maak wat stylvol in jou huis gebruik kan word. Die museum gaan oor ’n baie swaar tema, maar die ligter kant daarvan en die mooi stories is perfek as temas op die produkte.”

Dit sluit onder meer pragtige kussings en dekor-items in.

Daar is ook items wat terugverwys na items wat ’n spesiale betekenis het. Een daarvan is ’n blikkie wat geskoei is op ’n blikkie met lekkertjies wat Emily Hobhouse vir ’n dogtertjie in ’n konsentrasiekamp tydens die oorlog gegee het.

Dané sê dit is ’n goeie voorbeeld van ’n klein gebaar wat baie spesiaal was. Die oorspronklike blikkie is aan die museum geskenk en vorm deel van die versameling.

Gegrond daarop, is ’n mooi blikkie deel van die oulike aandenkings wat gekoop kan word.

“Talle van die items het interessante stories wat daaraan verbind kan word.”

Wat die items spesiaal maak, is dat sommige van die foto’s uit die museum se eie versameling kom. Tinus le Roux het sommige van die museum se foto’s gekleur en ander is aan die museum geskenk deur Jennifer Bosch wat dit van ander bronne af gekry het.

Dané sê die produkte is in die eerste plek gemik op besoekers aan die museum.

“Meer as dit – talle van die produkte is ook oulike geskenke.”

You need to be Logged In to leave a comment.