Musiek gaan voete laat jeuk op aand van smul en swier

Tooi jouself in jou mooiste uitrusting en dans die nag om met Arco Musica se Bling and Black Tie Ball op 18 Mei.


Tooi jouself in jou mooiste uitrusting en dans die nag om met Arco Musica se Bling and Black Tie Ball op 18 Mei.

Ramblers se balsaal is net die plek vir dié geleentheid, wat gevul gaan wees met glans, elegansie en ’n vonkie oordadigheid.

Arend Brink sê die ete op die geleentheid gaan gaste se mond laat water. “Van ’n lusmaker-voorgereg tot ’n buffet van heerlike geregte en nagereg wat gaste sal laat swymel – dit gaan ’n kulinêre fees wees wat in elke smaak sal val,” sê hy.

“Dit is nie net ’n aand van heerlike kos nie. Arco se orkes en topsoliste sal die een dansnommer ná die ander speel, wat paartjies tot ounag sal laat dans.”

Hy sê soliste soos Arend Brink Jnr., André Terblanché, Cézanne Yzelle en die violis Donné Gough sal saam met die orkes musiek maak.

Kaartjies vir die geleentheid, wat benewens toegang kanapees en vonkelwyn vir elke gas verseker, kos R490 en is op quicket.co.za beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.