Die Bloemfonteinse filharmoniese orkes bied in Mei sy eerste vertoning sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie aan.
Classics and the Movies word op Saterdag 7 Mei in samewerking met Radio Rosestad in die Universitas-geloofsentrum aangebied.
Lynelle Kenned tree as solis op.
Die orkes, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg, se tiende bestaansjaar word ook met hierdie vertoning gevier.
Die orkes is gestig om aan professionele en ontluikende musikante die geleentheid te bied om in groot produksies op te tree.
Hierdeur word die kunste ook ’n hupstoot gegee.
“Musikante wil speel en hul talent ten toon stel sodat die publiek dit kan geniet,” sê Van Zuilenburg.
“Geld wat deur kaartjieverkope ingewin word, word aangewend om musiekregte en produksiekoste te dek. Dit is belangrik dat die vertonings weer in alle erns kan voortgaan,” het Van Zuilenburg in ’n verklaring gesê.
Musiek sluit in temaliedjies van Gladiator, Titanic en Pirates of the Caribbean.
Die vertoning begin om 19:30.
Kaartjies kos R130 tot R180 en is op die webwerf quicket.co.za beskikbaar.