Een van die grootste onafhanklike alternatiewe Afrikaanse rock-groepe tree binnekort by Be Human op Middelwater vir die BeVonk!-musiekfees op.
Spoegwolf, bestaande uit vier manne, tree die afgelope 12 jaar op en het ‘n groot aantal aanhangers. Hulle is op 14 Maart by Be Human te sien.
Spoegwolf het reeds 12 oorspronklike en vollengte ateljee-albums opgeneem.
Sedert die groep se opname van “Koma” in 2019, hou Spoegwolf die rekord vir die enigste Afrikaanse kunstenaar wat die nommer 1-posisie op Apple se musiek-albumranglys oor alle genres ingeneem het. Hulle het dit sedertdien met byna elke album vermag.
Die BeVonk!-musiekfees bring ook Zaan Sonnekus, Sunset Sweatshop, asook Francois van Coke en die Gevaar, na die verhoog vir ‘n dag van uitstekende musiek. Hekke open om 13:00, en die vermaak begin om 14:00 met plaaslike kunstenaars.

Daar is meestal plek om te staan, met beperkte sitplek by die stalletjies-area.
BBP-kaartjies gee toegang tot ‘n kroeg, private toilette, bespreekte sitplekke en eetgoed.
Konsertgangers kan van die busdiens gebruik maak wat vanaf Northridge Mall vertrek. Busse sal om 13:00 en weer om 15:00 vertrek en teen 22:30 na Northridge Mall terugkeer.
BeVonk! beloof ‘n lewendige atmosfeer, heerlike gees en onvergeetlike musiek vir Bloemfonteiners en almal wat ver ry.
Besoek computicket.co.za of bel Herman Redelinghuys by 064 937 6947 om ‘n losie te bespreek.





You must be logged in to post a comment.