Sedert die vorige mosie van wantroue in die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, in Mei vanjaar was dienslewering nog nooit so swak soos nou nie.
Só het Johan Pretorius, die DA se koukusleier in die Mangaung-metro, Vrydag (16/09) op ’n nuuskonferensie gesê. Hy het aangekondig dat die DA in die metro ’n nuwe mosie van wantroue in die burgemeester belê, wat op die volgende raadsvergadering bespreek moet word.
Van die klagte teen Siyonzana, wat oor die bestuur van die metro moet toesig hou, is geldelike onstabiliteit, politieke onstabiliteit, die verval van die stad se padinfrastruktuur, die agteruitgang van vullisverwydering, besoedeling, swak korporatiewe bestuur, die hoë werkloosheidsyfer en skade aan die stad se goeie naam.